 |
 |
 |
 |
 |
Ludwig Fechter
KKF Direkteur
Seppie Greeff Gebou
|
Hein Jonker
Finansiële Direkteur
|
Ernest DeVilliers Neethling
KKF Direkteur
Queen's Mall
|
Henco Rademeyer
KKF Voorsitter
|
Albertus Jacobus Killian
KKF Direkteur
Caves Aftree-oord
|
Naam: Ludwig Fechter (KKF Direkteur)
Besigheids Adres: Meyerstraat 36, Knysna
Kwalifikasies: B Econ, Universiteit Stellenbosh, 2004 Raad van Eiendoms Agentskap Aangeleenthede Sertifikaat
Beroep: Sakeman
Ludi is woonagtig in Knysna waar hy die eienaar/bestuurder is van ‘n 5 ster akkommodasie besigheid onder die
handelsnaam Overmeer.
Hy administreer Trusts wat spesialiseer in die koop, verkoop en verhuring van kommersiële en residensiële eiendom.
Hy het voorheen gedien as direkteur van Fechter en Fechter (Pty) Ltd asook C & C Homes (Pty) Ltd.
Ludi is getroud met Riëtte en hulle het twee seuns.
Naam: Hein Jonker (KKF Finansiële Direkteur)
Besigheids Adres: Saag Jonker Groep Onverwacht Oudtshoorn
Kwalifikasies: B.Compt (Rekeningkunde) UNISA & Stellenbosch
Beroep: Finansiële Direkteur vir Saag Jonker Groep
Hein is sedert 1994 voltyds betrokke by die Saag Jonker Groep, ’n suksesvolle familie besigheid in Oudtshoorn, en
is tans hul Finansiële Direkteur. Die Saag Jonker Groep is hoofsaaklik betrokke by volstruis boerdery, asook
die vervaardiging en uitvoer van volstruis produkte. Sy kundigheid en rol by die besigheid sluit in: finansiële
bestuur en beplanning van die groep sowel as alle administratiewe, personeel en arbeids aangeleenthede. Hy dien
ook as besturende direkteur van een van die boerdery filiale.
Hy het ekstensiewe kennis en ondervinding in alle aspekte van finansiële bestuur; begrotings; finansiële en voorraad
kontrole sisteme; groep strukture; sekretariële aangeleenthede op maatskappy vlak; belasting beplanning;
finansiering; kontantvloei bestuur, finansiële verslaggewing; uitvoer; valuta handel asook kontrakte en
sekere regsfunksies.
Hy dien ook tans op die dagbestuur van Agri Klein Karoo, wat die verteenwoordigende organisasie is vir alle boere
in die Klein Karoo streek en was tot onlangs nog direkteur van die Suid-Afrikaans Volstruis Besigheidskamer wat die SA
volstruisbedryf verteenwoordig.
Hy matrikuleer in 1987 te, Hoërskool Oudtshoorn, waarna hy sy tersiêre studies by die Universiteit van Stellenbosch
begin. In 1994 voltooi hy sy graad deur Unisa na afhandeling van sy klerkskap by Greenwoods, ’n ouditeursfirma in
Kaapstad.
Hein is getroud met Liesl en het hulle ‘n dogter en 3 seuns en woon te Greylands plaas net buite Oudtshoorn.
Naam: Ernest DeVilliers Neethling (KKF Direkteur)
Besigheids Adres: Bergsig Villas nr. 10, Jan van Riebeeckweg, Oudtshoorn
Kwalifikasies: BSc (Bourekenkunde) MQS RQS, Diploma in Projekbestuur, Sertifikaat vir Kommersiële Spesialiste,
Sertifikaat in Besigheidsbestuur
Beroep: Projekbestuurder , Eiendomsontwikkelaar
DeVilliers is die bestuurende direkteur van DeVilliers Neethling en Vennote asook mede-direkteur van
verskeie eiendomsmaatskappye. Hy is as besigheidsman gesetel in Oudtshoorn en is betrokke by verskeie
eiendomsontwikkelings in die omgewing.
Sy kundigheid sluit in Gangbaarheidstudies, Bourekenkunde, Projekbestuur, Beleggingsanaliese en Waardasies.
Tans tree hy op as Finansiele Projekbestuurder in die Caves Aftree-oord ontwikkeling.
DeVilliers was die afgelope 20 jaar betrokke by verskeie multi-miljoenrand ontwikkelings as konsultant, maar ook as ontwikkelaar. Projekte soos Klapperbosrant, Bergsig en Bergsig Villas, Queens Square Ontwikkeling, Oudtshoorn
Aftree-oord, Millennium Park, ens.
Hy is getroud met Liesl en het twee seuns.
Naam: Henco Rademeyer (KKF Voorsitter)
Besigheidsaddres: Nr 10, Queens Lane, Queens Square, Oudtshoorn.
Kwalifikasie: Matriek
Beroep: Sakeman
Hy is ‘n stigterslid, direkteur en voorsitter van die publieke maatskappy, Klein Karoo Fonds, ‘n streeksgebonde
eiendoms beleggings groep. Hy is ‘n direkteur van die Caves Aftree Ontwikkeling, ook ‘n publieke maatskappy, wat die ontwikkeling van ‘n 126 eenheid aftree oord oorsien.
Hy is ‘n direkteur van Schoemans Vallei ontwikkeling, ‘n 18 hektaar residensiële sekuriteits, kommersiële, en
toerisme ontwikkeling in Schoemanshoek, Oudtshoorn.
Hy is die eienaar van HR Sport, ‘n familie kleinhandel besigheid, sowel as ‘n vennoot in Dryland event coordinators, ‘n byeenkoms koördinerings maatskappy wat die organisering, bemarking en koordinering van sport byeenkomste in die Suid Kaap hanteer.
Die mede bestuur van sy familie besigheid, Rademeyer Broers en Oudtshoorn Wes Ontwikkelaars, wat insluit
beleggings in kommersiële eiendom, spesifiek in die residensiële en kleinhandel sektore.
Henco is getroud met René en woon in Oudtshoorn.
Naam: Albertus Jacobus Killian (KKF Direkteur)
Besigheids Adres: Jan van Riebeeckweg 169, Oudtshoorn
Kwalifikasies: Nasionale Hoër Diploma Siviele Ingenierswese (N.H.D.T) & Diploma in Tegnologie (Dip Tech - Siviel)
Beroep: Siviele Ingenieurstegnoloog, Eiendomsontwikkelaar, Projekbestuurder
Alie is 'n stigterslid van KKF, is gesetel in Oudtshoorn en is mede-direkteur van verskeie eiendomsmaatskappye.
Hy is tans die Projekbestuurder asook Besturende direkteur van die Caves Aftree Oord ontwikkeling. Hy is ook
Voorsitter van die Trusteeraad van Caves Aftree Oord wat die bedryf van die Oord hanteer.
Hy was die afgelope 30 jaar betrokke by verskeie groot siviele projekte in die Wes-Kaap waarvan die afgelope
12 jaar ook as ontwikkelaar by verskeie prestige eiendomsontwikkelings.
Hy is getroud met Lehana en het twee dogters en een kleinseun.